Namibië het goue geleentheid om hulprbon-vloek te vermy

Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, vra al lank dat die regering by die Onttrekkingsbedryf-deursigtigheidsinisiatief moet aansluit, veral in die lig van die olie- en gas-ontdekkings. Die voorneme om by die inisiatief aan te sluit is ook in die tweede Harambee welvaartsplan. Desnieteenstaande was Hopwood by die olie- en gaskonferensie positief oor die verskil tussen Namibië en ander lande wanneer dit kom by die aanvaarding van wetgewende beleid.