Skotse varswaterpêrel bly in Skotland

Die grootste varswaterpêrel in menseheugenis, die Abernethy-pêrel, bly in Skotland na dit opgeveil is vir die wêreldrekordprys van byna 2,2 miljoen Namibiese dollar. Die pêrel is in 1967 ontdek en is vernoem na die man wat dit gevind het, William Abernethy, bekend as die gebied se laaste pêrelvisser. Die pêrel moes stilweg in sy mossel gegroei het vir meer as 80 jaar voordat Abernethy daarop afgekom het, wat beteken dit het ontstaan toe koningin Victoria op die troon was. Net een uit elke 5 000 mossels wat in Skotse riviere aangetref word bevat ‘n pêrel.