Michelin-sterrestaurant bied kos teen 1994-pryse
Een van Londen se hoogs-aangeskrewe Michelin-sterrestaurante laat pryse van 30-jaar gelede herleef. Tussen 9 en 27 September sal die kokke by St. John, in Smithfield, klante dieselfde laat betaal as toe die restaurant se deure die eerste keer in 1994 geopen is. ‘n Porsie smeltkaas op roosterbrood, oftewel Welsh rarebit, sal beskikbaar wees teen 3-pond-50, nagenoeg 83 Namibiese dollar; terwyl geroosterde beenmurg en pietersielieslaai mense 4-pond-20, omtrent 99 dollar, sal kos. St .John is een van Londen se grootste voorstanders van die snoet-tot-stert-kookkuns.