Proteas tree aan vir eerste T20 teen Windies
Krieket: Die eerste van drie T20’s tussen die Proteas en die Windies word môre in Tarouba gespeel. Dit volg op die toetsreeks wat Suid-Afrika 1-nul gewen het nadat reën die eerste toets ontwrig het. Die tweede T20 word Sondag gespeel en die laaste een Dinsdag – albei ook in Tarouba. Die Proteas se witbal-afrigter, Rob Walter, sê die reeks is ‘n belangrike deel van die span se reis na die volgende Wêreldbeker-eindstryd.