Thailand bevestig eerste M-pokke geval in Asië

Thailand het sy eerste bevestigde geval van die nuwe, potensieel dodeliker stam van M-pokke aangekondig – die eerste in Asië, en tweede buite Afrika. Volgens Thailand se departement van siektebeheer het die besmette 66-jarige Europese man op 14 Augustus vanaf ‘n ongenoemde Afrika-land in Bangkok aangekom. Hy het die volgende dag simptome begin toon, en is dadelik hospitaal toe. Dit is intussen bevestig dat hy die M-pokke variant bekend as Klade 1b, opgedoen het.