So moet Namibië sy rykdomme met beleid beskerm

Daar word hard gewerk om die konsep Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoudbeleid te finaliseer. Die ekonoom Robin Sherbourne van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het die belangrikheid van ‘n wetlike raamwerk beklemtoon om beleidsekerheid te verseker. Hy het gepraat op die laaste dag van die Namibië Olie- en Gaskonferensie.

Sherbourne voeg by dat daar moontlik mededinging in die arbeidsmark tussen die olie- en gas en groenwaterstof-bedrywe kan wees.