Nog drama op see met hulpelose skip sonder voorrade

Die lewensredding-vrywilliger Sean Naude en sy span het onlangs ‘n bemanningslid van ‘n vaartuig wat lamgelê is en in die see geanker is, gered. Die man het die skip in ‘n rubberbootjie verlaat. Die skip wag om gesleep te word maar daar het nog geen sleepboot opgedaag nie. Nou is daar ‘n krisis want die twee bemanningslede aan boord is sonder kos en water. Naude gee ‘n opdatering.