Amerikaanse agente kry dwelms tussen waatlemoene

Amerikaanse grensagente het ‘n vragmotor wat meer as 5 miljoen Amerikaanse dollar se metamfetamiene vervoer het by die grens met Mexiko onderskep. Die dwelms was toegedraai in plastiek wat in twee skakerings van groen geverf is om soos waatlemoene te lyk en tussen regte waatlemoene geplaas. Die versteek van dwelms tussen produkte is ‘n algemene manier om dit oor grense te smokkel – piesangversendings is die gewildste, maar beamptes het onlangs dwelms in Gouda-kaas en avokado’s gevind.