Vermiste seuntjie in Viëtnamese woud opgespoor
‘n Sesjarige seuntjie wat vyf dae lank vermis was, is diep in ‘n woud in Viëtman opgespoor. Dang Tien Lam, wat in die noordwestelike Yen Bai-provinsie woon, het op 17 Augustus saam met sy nege sibbe in ‘n stroompie gespeel toe hy die heuwels ingedwaal en verdwaal het. Hy is opgespoor sowat ses kilometer van waar hy vermis geraak het. Hy het reddingswerkers gevra om hom op te tel want hy was te moeg om te staan. Die seuntjie het glo oorleef op blare en wildevrugte en het water uit ‘n stroompie gedrink.