Navorsing toon sterftes in Europa sal skerp styg met hitte
In Europa kan sterftes weens hitte teen die einde van die eeu verdriedubbel, veral in lande soos Italië, Griekeland en Spanje. Dit is volgens ʼn studie wat in Lancet Public Health gepubliseer is ná ʼn vlaag versengende hittegolwe die vasteland getref het. Hitte-verwante sterftes in Europa staan tans op 44 000. Navorsers waarsku sterftes in warm weer kan 129 000 mense per jaar se dood veroorsaak as die temperatuur styg tot drie grade Celsius bo die vlakke voor die nywerheids-era.