Wetsontwerp oor openbare betogings, byeenkomste is ‘gevaarlik’
Vrae word deur lede van die publiek gevra oor die wetsontwerp op openbare byeenkomste en openbare optogte, en vele sê dit is soos die ou apartheidswette oor onwettige byeenkomste. Hulle sê daar is geen waarborg dat opposisiepartye of aktiviste nie in hegtenis geneem sal word by vreedsame politieke saamtrekke nie, soos in Tanzanië en Zimbabwe. Hulle vra hoekom die wetsontwerp so kort voor ‘n verkiesing deurgedruk word, en vrees dat dit gebruik kan word om enigiemand in hegtenis te neem wat nie met die regering saamstem nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê dit is wel ‘n gevaarlike skuif.