Mondelinge voorleggings vandag in Dippenaar-saak
Vonnisoplegging word môre in die streekshof op Swakopmund in die moordsaak van Jandre Dippenaar verwag. Die voorverrigtinge het Woensdag begin. ‘n Goeie vriend van Dippenaar, Frans Grobler, en ‘n neuro-sielkundige, Willem Annandale het ter versagting van vonnis getuig. Annandale sê sy geheueverlies is eg. Die feit dat hy nie kon onthou nie was ‘n faktor wat teen hom gewerk het tydens die verhoor oor die noodlottige ongeluk tien jaar gelede. Annandale het in sy assesseringsverslag voorgestel dat Dippenaar ‘n opgeskorte vonnis opgelê word. Die staat en verdediging sal vandag mondelinge voorleggings afhandel en vonnis sal na verwagting Vrydag deur landdros Gaynor Poulton opgelê word.