Kinderverwaarlosing wek kommer onder owerhede, het blywende impak

Kinderverwaarlosing is ’n ernstige probleem in Namibië. NamPol sê tussen Januarie 2023 en Maart vanjaar is sowat 69 voorvalle aangeteken, maar voeg by talle voorvalle word geheim gehou en nie aangemeld nie. Dit is dikwels uit vrees dat die verwaarlosing ontdek sal word. Verwaarlosing sluit in kinders wat alleen gelaat word sonder toesig en dan in gevaarlike situasies beland waarin hulle kan sterf, soos met vuurhoutjies speel en ‘n huis afbrand. Dit kan ook wees dat sommige kinders nie genoeg kos kry nie en nooit liefde ervaar nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die sielkundige dr. Shaun Whittaker gesels oor die gevolge van kinderverwaarlosing.