T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue uit Bangladesj verskuif

Krieket: Vanjaar se T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue is verskuif na die Verenigde Arabiese Emirate weens die politieke onbestendigheid in Bangladesj. Dit volg nadat eerste minister Sheikh Hasina se bewind omvergewerp is na weke se betogings waarin meer as 400 mense dood is. Die Internasionale Krieketraad glo Bangladesj sou ‘n gedenkwaardige toernooi aangebied het, maar die regerings van verskeie deelnemende spanne het hulle burgers gemaan om nie daarheen te reis nie. Die toernooi word van die derde tot die 20ste Oktober gespeel.