Sheehama-moordsaak uitgestel tot Oktober

Die saak in verband met die dood van Matheus Sheehama wat op 27 Julie in Walvisbaai verdwyn het en op 6 Augustus op die strand uitgespoel het, sal nie môre in die hof, soos geskeduleer voorkom nie. Die bevelvoerder van die Erongo-streek kommissaris Nikolaus Kapembona het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die sewe verdagtes, wat Sheehama se meisie, Jessica Gaes en haar broer Jimmy Gaeb insluit, sal eers op 15 Oktober voorkom.

Klagtes in die saak is van aanranding na moord aangepas en verdagtes is mettertyd bygevoeg wat ‘n aanpassing in die ondersoek genoodsaak het.