Taylor Swift breek weer rekords
Die Amerikaanse popster Taylor Swift het die Britse en Europese skof van haar hoogs suksesvolle Eras-toer op die Wembley-stadion in Londen afgesluit. Sy is die eerste solo-kunstenaar wat agt vertonings in ʼn enkele toer op Wembley aanbied. Dit verbeter die rekord vir ʼn solo-kunstenaar wat Michael Jackson in 1988 met sy Bad-toer opgestel het. Swift het net in die Verenigde Koninkryk voor byna 1,2-miljoen mense opgetree. Sy beplan nog ʼn klomp vertonings in Amerika en Kanada, insluitend in Miami, New Orleans en Indianapolis.