M-pokke: SAOG se veilig vir toeriste

Die Suider-Afrikaanse Sakekamer se Toerisme-alliansie het die versekering gegee A-pokke hou min risiko in vir reisigers in die streek. Die voorsitter Tshifhiwa Tshivengwa het benadruk tipiese reisigerbedrywighede is veilig en pro-aktiewe gesondheidsmaatreëls is reg oor die streek ingestel. Tshivengwa waarsku egter reisigers om goeie higiëne toe te pas en nie in noue kontak te kom met mense wat siek lyk of sigbare velletsels het nie. Tshivengwa het herbevestig SAOG-lande het streng protokolle ingestel om gesondheidskwessies te hanteer, en seker te maak toerisme bly veilig.