Libiese Maghreb-streek uiters gespanne, onstabiel

Die Verenigde Nasies se topamptenaar in Libië sê die onlangse situasie in Maghreb bemoeilik pogings vir ‘n onderhandelde politieke oplossing. Die VN se Libiese ambassadeur Taher Al-Sunni sê eensydige optrede deur Libiese politieke, militêre en veiligheidsrolspelers het spanning verhoog, institusionele en politieke verdeeldheid verder verskans en pogings vir ‘n onderhandelde oplossing gekompliseer. Intussen het die goewerneur van die sentrale bank ook bedank na die ontvoering van een van sy amptenare.