Foden en Shaw stap weg met sokker louere
Phil Foden en Khadija Shaw van Manchester City is as die Engelse Beroepspelersvereniging se Mans- en Vrouespeler van die Jaar aangewys. Foden het 19 doele in 35 topligawedstryde aangeteken en City het ‘n geskiedkundige vierde agtereenvolgende Premierligatitel ingepalm. Die 23-jarige is die jongste speler om ses ligatitels te verower. Shaw was die voorste doelskopper van die Vroue-superliga, met 21 doele in 18 kragmetings. Cole Palmer van Chelsea is as Jong Speler van die Jaar aangewys, en Manchester United se middelveldspeler Grace Clinton as beste Jong Vrouespeler.