Qatar koop 25% van Airlink

Die Qatar Airways-groep het ‘n 25-persent aandeel verkry in Suider-Afrika se voorste onafhanklike streeksredery, Airlink. Die belegging versterk ‘n kodedeel-vennootskap tussen die twee rederye, en steun Qatar Airways se Afrika-groeistrategie. Airlink, wat in 15 Afrikalande vlieg, sal baat by verhoogde vermoë en ‘n uitgebreide markbereiking. Die Katarse redery se uitvoerende hoof, Badr Mohammed Al-Meer, beklemtoon Afrika se belangrikheid vir hulle onderneming. Airlink se uitvoerende hoof, Rodger Foster, loof die ooreenkoms as ‘n hupstoot vir sy maatskappy se groei en vennootskappe.