Soektog na 6 in seiljagramp duur voort

Ses van die 22 passasiers aan boord van ʼn Britse seiljag, die Bayesian, word steeds vermis. Dit sluit die Britse tegnologie-entrepreneur Mike Lynch en sy dogter in. Die seiljag het Maandag tydens ʼn geweldige storm in die suide van Italië gesink. Amptenare sê ʼn span spesialis-duikers is besig om ʼn weg te soek na die kajuite waar hulle hoop om die liggame van die ses vermiste persone te vind. Die Italiaanse kuswag het bevestig hulle het die liggaam van die vaartuig se sjef, Recaldo Thomas, gevind.