Twee kolfblaaie in T0 was onbevredigend

Die Internasionale Krieketraad het twee kolfblaaie vir die T20-Wêreldbekertoernooi as onbevredigend gegradeer. Dit was die kolfblad vir die eerste twee wedstryde in New York, en vir die Brian Lara-akademie in Tarouba. Die Proteas was betrokke by die eerste kragmeting in New York toe hulle Sri Lanka vir net 77 uitgeboul het, en weer in die halfeindstryd in Tarouba, waar hulle Afganistan tot 56 beperk het. Die kolfblad vir die eindstryd in Bridgetown is baie goed bevind. Indië het Suid-Afrika met sewe lopies verslaan.