15 olifante, waaronder een trofee-dier, sal vir droogtehulp geskiet word
Die omgewing-ministerie gaan 15 olifante uitdun as deel van sy droogtehulpprogram. Vyf sal uit die Kamanjab-gebied kom, vyf van rondom Khorixas en vyf van die Omajette-groep. Beide manlike en vroulike olifante sal geteiken word, met een wat as ‘n trofee-dier aangewys sal word. Dit vorm deel van die breër poging om wildsvleis te verskaf aan Namibiërs wat deur voedselonsekerheid geraak word weens die erge droogte. Die ministerie sal 723 stuks wil van verskillende spesies bydra. Die ministerie beklemtoon dat dit ook strook met bewaringsdoelwitte, wat help om wildbevolkings volhoubaar te bestuur terwyl ekonomiese aktiwiteite wat met wild en toerisme verband hou, ondersteun word. Die ministerie se hoof skakelbeampte, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Muyunda sê die hoofdoel is om druk op water- en weidingvoorraad te verlig.