Ekonoom sê oor swak vertoning in bouplanne

Beide Windhoek en Swakopmund het beskeie groei in die konstruksiesektor aangeteken in Julie. In Windhoek was daar ‘n effense toename in die aantal bouplanne wat ontvang is, terwyl daar in Swakopmund ‘n skerp afname was. Slegs 39 planne is in Julie by die kusdorp se munisipaliteit ingedien, vergeleke met die 66 planne wat in Julie 2023 ontvang is. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, gesels wat sê die FNB Huisprysindeks-verslag vir die eerste kwartaal toon ‘n gedempte huismark regoor Namibië.