Antonia Joschko soek afsluiting in Dippenaar-moordsaak
Die voor-vonnisverrigtinge in Jandre Dippenaar se moordsaak gaan môre voort in Swakopmund se streekhof. Dippenaar is skuldig bevind op ses aanklagte van moord na ‘n grusame motorongeluk tien jaar gelede. Dippenaar het nie ‘n geldige rybewys gehad nie, en het trompop gebots teen die Joschko-familie se voertuig naby Hentiesbaai. Ses mense is dood en net Dippenaar en Antonia Joschko het die ongeluk oorleef. Joschko het vandag getuig en het buite die hof met Erongo News gepraat.