Charlie die dieretuin-olifant is na 40 jaar vry

Die 42-jarige olifant, Charlie, is uit die Pretoriase Dieretuin hervestig in die Shambala privaat reservaat in Limpopo. Die stap is moontlik gemaak deur die EMS-stigting se Towards Freedom-program en die Pro-olifant Netwerk. Dis die eerste keer dat ‘n olifant uit die dieretuin weer in die natuur vrygelaat is. Charlie is op tweejarige ouderdeom in Zimbabwe gevang en het 40 jaar in aanhouding deurgebring. Kundiges sal sy nuwe reis noukeurig dophou, en die dieretuin se olifant-kamp is nou permanent gesluit.