Hamas ontbloot sy ware terreuragenda: SA Sioniste-federasie

Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie veroordeel Hamas se verwerping van ‘n skietstaking en sê dit ontbloot die groep se ware aard as ‘n ondersteuner van terreur en geweld teen Jode wat glad nie in vrede belangstel nie. Hulle waarsku Hamas se eis dat die Israeliese Weermag uit die Philadelphi-korridor moet onttrek, sal toelaat dat die groep herbewapen en ‘n groter bedreiging vir Israel inhou. Woordvoerder Rolene Marks kritiseer ook die regering se voortgesette steun aan Hamas ondanks die groep se onophoudelike aanvalle op burgerlikes.