Sake-doen lê oop vir Namibië, Brasilië

Namibië se invoere uit Brasilië het verlede jaar hoofsaaklik uit pluimveevleis en rou suiker bestaan, ter waarde van 789 miljoen Namibiese dollar. Dit is volgens onlangse data van die Namibiese Kamer van Koophandel. Namibië se uitvoere na Brasilië het egter net 13 miljoen dollar beloop, wat ‘n beduidende handelswanbalans verteenwoordig. Nogtans beslaan die invoere uit Brasilië slegs 0,6 persent van al die land se invoere. Die Kamer se visepresident, Patty Karuaihe-Martin, sê dit wys dat Brasilië meer sake met Namibië kan doen en ons meer sake met Brasilië kan doen. Sakeleiers en kundiges is by die Brasilië-Namibië-besigheidsberaad aangemoedig om geleenthede vir samewerking te ondersoek.