Laat Dippenaar-saak net end kry, die lewe is ‘n hel: Pa van slagoffer

Staatsgetuie Jan Karel Horn sê Jandre Dippenaar moet betaal vir die moord op sy seun en vyf ander mense in ‘n motorongeluk naby Hentiesbaai in 2014. Horn het by Dippenaar se voor-vonnisverrigtinge in die Swakopmund-streekhof getuig. Horn sê sy seun, JC Horn, het gelewe toe hy doodgebrand het in die ongeluk wat deur Dippenaar se nalatigheid veroorsaak is. Hy voeg by die lewe het ‘n lewende hel vir sy gesin geword sedert hul geliefde in die gru-voorval van hulle weggeneem is. Horn het met die nasionale uitsaaier buite die hof gepraat.