Help om dodelikste ‘dier’ en sy malaria te stop, vra akademikus
‘n Akademikus aan die Universiteit van Pretoria, Taneshka Kruger, doen ‘n beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om die vele uitdagings wat malaria inhou, gesamentlik aan te pak. Dit is vandag Wêreld-muskietdag. Kruger sê die muskiet is die dodelikste ‘dier’ in die wêreld en maak elke jaar meer as 700 000 mense dood.