Londense Dieretuin laat skaal kreun by jaarlikse inweeg

Die Londense Dieretuin het sy jaarlikse inweeg begin om die gesondheid en welstand van al die diere na te gaan. Dieretuinpersoneel sal elke soogdier, voёl, reptiel, vis en ongewerwelde dier sagkens laat saamspeel, van Humboldt-pikkewyne tot kamele en leeuwelpies, deur kos strategies naby die skaal te plaas. Die data word dan by die data op die Dierkundige Inligtingbestuurstelsel gevoeg. Die inligting is beskikbaar vir dieretuine regoor die wêreld en help dieretuinopsigters om inligting oor bedreigde spesies te vergelyk.