Morgan Stanley-hoë ook vermis na seiljag sink
Die voorsitter van die Morgan Stanley International-bank, Jonathan Bloomer, sy vrou Judy en ‘n regspraktisyn van Clifford Chance, Chris Morvillo, is onder diegene wat vermis word na ‘n Britse seiljag in Sicilië gesink het. Die Britse IT-magnaat, Mike Lynch en sy 18-jarige dogter Hannah, word ook vermis. Die jag het gister in swak weer in die vroeë oggendure gesink. Vyftien mense is gered, ses word vermis en die liggaam van ‘n man, glo die boot se sjef, is opgespoor. Die soektog duur voort, maar toegang tot die boot se kajuite is deur meubels geblokkeer.