Namibië maak geen vordering op korrupsie-indeks nie

Namibië het 49 punte uit 100 op die 2023-korrupsiepersepsie-indeks behaal, soos gerapporteer deur Transparency International. Die korrupsie-indeks se telling in Namibië was van 1998 tot 2023 gemiddeld 49 punte, en het ‘n hoogtepunt van 57 punte in 2002 en ‘n rekord-lae 41 punte in 2004 bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, oor die jongste 2024-statistieke.