NV sê (niks) oor Air Namibia-werkers se petisie

Die oud-werknemers van Air Namibia, wat ‘n regsoorwinning in die hooggeregshof vir hul volle uitbetalings behaal het, is steeds in die duister oor ‘n petisie wat hulle by die Nasionale Vergadering ingedien het. Hulle het nog nie terugvoer ontvang nie. Renier Bougaard, ‘n voormalige werknemer, sê dat hulle al die nodige prosesse, stelsels en instellings nougeset gevolg het, net om voortdurend teleurgesteld te wees. Bougaard sê hulle voel dat hul pogings om geregtigheid en oplossings deur amptelike kanale te soek, met stilswye en gebrek aan optrede begroet is. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na Rafael Hangula, die parlementêre woordvoerder, oor hul bekommernisse.