Tamson se derde poging vir borg vandag

Regter David Munsu het op 22 Mei beslis dat hy die nuwe borgtogaansoek wat deur Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi ingedien is, sal aanvaar. Die staat het beswaar gemaak teen ‘n nuwe poging deur Hatuikulipi, wat die hof genader het met nuwe feite om sy vrylating te eis. Daardie aansoek sal vandag plaasvind en Munsu sal dit aanhoor. Dit is sy derde poging vir borg na hy in 2019 gearresteer is na hy homself vrywilliglik aan die polisie oorgegee het, kort nadat die Fishrot-korrupsieskandaal uitgebreek het.