Tydelike opheffing van 72-uur toetsreël by grenspos

Na vragmotor bestuurders die Ariamsvlei grenspos met ‘n staking gesluit het, het die grens gesondheidsowerheid ‘n tydelike opheffing van die bepaling dat alleenlik ‘n 72-uur oue Covid-toets geldig is, aangekondig. Die bestuurders wil terugkeer na die sewe-dag bepaling omdat dit nie net duur is nie, maar ook logistieke bemoeilik omdat die toetsuitslag ook eers na 24-uur beskikbaar is. Peter Luttig, ‘n vervoeroperateur wat op Ariamsvlei is, sê die Namibiese owerhede moet nog vergader maar, op die oomblik sal sewe-dag toetse deugelaat word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.