Beroep om kalm te bly te midde van fopnuus oor M-pokke
Verskeie berigte in die media asook plasings op sosiale media doen die rondtes oor M-pokke, wat paniek saai onder die publiek. Die nuutste was ‘n plasing wat valslik onder die naam van die Engelse dagblad The Namibian geplaas is. Die plasing sê dat 110 gevalle van M-pokke in Namibië gerapporteer is. Die gesondheidministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en raai die publiek aan om kalm te bly.