Hofsaak teen Swapo sal voortgaan want dis belangrik, sê prokureur
Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is beveel om beëdigde verklarings in te dien in die saak waarin vyf lede die party hof toe vat. Hulle sê die sentrale komitee se besluit om nie ‘n buitengewone kongres te hou binne 90 dae ná Hage Geingob se dood nie is ‘n skending van Swapo se grondwet. Die Windhoekse hoërhof het Swapo en Nandi-Ndaitwah beveel om die verklarings teen 30 Augustus in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die lede se prokureur, Richard Metcalfe, wat sê die saak is belangrik en sal voortgaan.