Namibiërs ‘hoef nie M-pokke te vrees’
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa, wat die Afrika-unie se Pandemie-voorkomingsgroep lei, het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om ‘n billike pandemie-ooreenkoms te finaliseer. Dit kom na die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en Voorkoming M-pokke as ‘n openbare gesondheidsnoodsituasie verklaar het. Ramaphosa doen ‘n beroep vir gelyke toegang tot entstowwe en hulpbronne, en sê wêreldwye samewerking is nodig om die krisis die hoof te bied. Botswana het ook nou toetse vir M-pokke by sekere grensposte ingestel, insluitend die belangrike Buitepos-Mamuno grensoorgang tussen Namibië en Botswana. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige gesondheidminister Richard Kamwi gepraat, wat sê Namibiërs is in goeie hande.