Moordsaak van Deveney Nel van Hoërskool Overberg uitgestel
Die saak teen die 17-jarige seun wat aangekla word van die moord op die leerder van Hoërskool Overberg, Deveney Nel, is tot 18 September uitgestel. Die tiener het vanoggend in die Landdroshof in Caledon verskyn nadat hy Vrydagaand in hegtenis geneem is. Deveney se liggaam is vroeër die maand aangetref in ‘n skoolpakkamer. Dit het woede in die gemeenskap uitgelok. Die mense van die Overberg-distrik verwelkom die vinnige inhegtenisneming en vra nou verbeterde veiligheidsmaatreëls in skole om nog sulke tragedies te voorkom.