US$5,5 miljard nodig vir 68m mense
Sowat 68 miljoen mense in Suider-Afrika ly onder die gevolge van die heersende droogte wat akkerbou en veeboerdery direk raak en voedseltekorte veroorsaak. By die SAOG-beraad in Harare is daar beaam dat sowat 68 miljoen mense, of 17 persent van die streek se bevolking, hulp nodig het. Lande insluitend Zimbabwe, Zambië en Malawi het reeds ‘n ramptoestand verklaar, terwyl Lesotho en Namibië vir humanitêre ondersteuning vra. Ongeveer 5,5 miljard Amerikaanse dollar is nodig maar skenkings vertoon uiters sleg. Plaaslik is wanvoeding daagliks in die nuus.