Onderwys: Privaatsektor nie nodig nie, bestuur net die geld reg
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n grensmuur by die Laerskool Festus !Gonteb in Swakopmund ingewy en die privaatsektor aangemoedig om openbare skole te ondersteun. Sy het die regering se voortdurende beroep op die sakegemeenskap beklemtoon om te help met die ondersteuning van skole. In reaksie hierop het die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die regering genoeg fondse vir skole het, maar dit swak bestuur.