Vullis in Bamako met donkiekarre weggery

In Mali se hoofstad, Bamako, word donkiekarre gebruik om vullis op te tel. Die stad verdrink in vullis en afval en huishoudings betaal eienaars van die donkiekarre om hulle vullis te verwyder. Die voordeel om donkies daarvoor te gebruik kan nie oorskat word nie omdat motors nie by die stortingsterrein kan uit kom nie. Die donkiekar-netwerk loop heeltemal buite die staat se beheer. Bamako het die afgelope paar jaar sy bevolking meer as verdubbel en sukkel om sy vullis te bestuur. Staatsafval bestuursdienste bestaan nie.