Stikstof kan besoedeling aanspreek – navorsing

‘n Internasionale navorsingspan verduidelik in ‘n verslag in Science Advances hoe die aanwending van stikstof, besoedeling en die gevolge daarvan beduidend kan verlaag. Hul bevindings sluit in dat beter landboupraktyke, minder voedsel-afval en beter brandstofverbruik koolstofvlakke teen 2050 met tot 52-persent kan verlaag. Die maatreëls kan volgens die studie meer as 800 000 voortydige sterftes verhoed en oesverliese teenwerk. Die navorsers beklemtoon die noodsaaklikheid van die bestuur van stikstof om wêreldwye omgewings- en gesondheidsdoelwitte te bereik.