Chinhengo sal pad vorentoe met Fishrot-verhoor bepaal

Fishrot-regter Moses Chinhengo wil teen Woensdag weet hoe die verhoor vorentoe hanteer sal word. Die opdrag raak die staatsadvokate, verdedigings prokureurs en die wat nie verteenwoordiging het nie. Dit kom na van die beskuldigdes steeds geen regsverteenwoordiging het nie en meen hulle sal eers laat volgende jaar of vroeg in 2026 met die verhoor kan begin. Daar is ook weer ‘n nuwe aansoek om hom te verwyder as regter in die saak. Hy sal dan volgende week Dinsdag sy beslissing gee oor hoe die saak vorentoe sal gaan.