Gevaarliker om vrou in SA te wees as om in oorlog te wees

Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die ontstellende voorkoms van geslagsgeweld en vrouemoorde veroorsaak dat om ‘n vrou in Suid-Afrika te wees, gevaarliker is as om in oorloggeteisterde gebiede te wees. Tydens die laaste drie maande van die verlede jaar is 285 kinders en 1 135 vrouens vermoor. Altesaam 18 474 vroue en 2 281 kinders is gewelddadig aangerand. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê minister se Chikunga het ‘n beroep op mans gedoen om leiding te neem om ‘n einde hieraan te bring: