Bibi ontspoor samesprekings – Hamas
Hamas beskuldig die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu dat hy struikelblokke in die pad van ‘n ooreenkoms plaas en nuwe voorwaardes en eise stel met die oog op die verlenging van die oorlog. ‘n Nuwe vredesplan wat Amerika, Katar en Egipte saamgestel het, is verlede week voorgelê na twee dae van samesprekings in Doha. Hamas sê die jongste voorstel sluit nie ‘n permanente skietstaking in nie en gaan terug op ander voorwaardes. Die militante groep het sy wens herhaal dat die drie-ledige voorstel van president Joe Biden van Amerika, uitgevoer moet word.