Selfmoord, verkragting weer op misdaadverslag

Die Namibiese polisie meld vier gevalle van verkragting oor die naweek in sy misdaadverslag aan. Die jongste slagoffer is ses jaar oud met ‘n meisie van 15 en twee van 21 en 24 wat ook vermoedelik verkrag is. Behalwe vir die ses-jarige dogtertjie was die ander drie slagoffers almal in hulle wonings verkrag. Plaaslike media het onlangs berig dat Namibië gemiddeld vier verkragtings daagliks ervaar. Selfmoord is ook ‘n toenemende probleem in die land en vier selfmoorde en een poging tot selfmoord is oor die naweek aangemeld. Namibië het ongeveer een selfmoord elke dag.