Aartappels onder die soeklig

‘n Namibiese landboukenner reageer op die tekort aan aartappels in Namibië met aartappels wat 41,1 persent van die totale invoere van akkerbou-produkte na Namibië behels. Volgens die Namibië Handelstatistiekbulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap vir Junie het Namibië 21,3 miljoen Namibiese dollar se akkerbou-produkte, 23,3 persent minder as in Mei, ingevoer. Dit word toegeskryf aan die invoerbeperkings van die Namibië Akkerbouraad. Aartappels, gevolg deur knoffel en gevriesde groente word die meeste ingevoer, waarvan 99,9 persent uit Suid-Afrika. Wallie Roux verduidelik plaaslike aartappelproduksie aan Kosmos 94.1 Nuus.