Oekraïne verwoes nog ‘n brug in Rusland

Die Oekraïnse lugmag sê hy het ‘n tweede brug in Rusland se Koersk-streek aangeval. Beeldmateriaal wat deur lugmagbevelvoerder Mykola Oleshchuk geplaas is, wys ‘n aanval op ‘n brug in Zvannoe oor die Seym-rivier. Dit is dieselfde rivier waaroor nog ‘n brug vroeër die week vernietig is. Oekraïne se vernietiging van infrastruktuur in die gebied word beskou as ‘n poging om Russiese toevoerlyne of versterkings te belemmer. Oleshchuk sê die Oekraïnse lugmag gaan voort om Rusland se logistieke vermoëns met akkurate lugaanvalle te ontwrig, wat vyandighede beduidend raak.